
=====================================================================
15 - Betrekkinge met ander Lande
=====================================================================


1 5
BETREKKINGE MET ANDER LANDE

Heraansluiting by die res van die wreld
Tydens die apartheidsbewind wou baie lande nie betrekkinge met Suid-Afrika h nie. Dit het nou verander. Ons is besig om sterk bande met ander lande te sluit. Dit beteken dat besluite wat elders in die wreld geneem word 'n invloed op ons het. Veranderinge in ander lande het benvloed ons ook. Suid-Afrika het ook ooreenkomste met, en verantwoordelike teenoor, ander lande.

Suid-Afrika was nie amptelik deel van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Omgewing en Ontwikkeling (UNCED) ("United Nations Conference on Environment and Development - UNCED`") nie. Maar ons regering het homself verbind tot die beginsels en ooreenkomste van daardie konferensie. Hierdie beginsels en ooreenkomste is vervat in 'n dokument, wat as Agenda 21 bekend staan. Agenda 21 belowe geld aan arm lande om hulle te help om die omgewing te beskerm en ontslae te raak van armoede. Maar tot dusver is nog geen geld aan hierdie lande gegee nie.


Suid-Afrika is 'n lid van meer as 20 internasionale omgewings-konvensies .


Maar die regering moet steeds oorweging skenk aan die volgende sake:


1. Behoort die regering die konvensies wat dit geteken het, insluitende die Wet op die See ("Law of the Sea"), Klimaatsverandering en Bio-diversiteit, te bekragtig?


2. Suid-Afrika moet wys dat hy ernstig is om nie gevaarlike afvalstowwe na Afrika te bring nie. Die land behoort die Bamako Konvensie (sien Hoofstuk 11) te teken en te bekragtig?


3. Suid-Afrika moet 'n nasionale debat oor die Konvensie oor Droogte en Woestynvorming ("Convention on Drought and Desertification") aanmoedig.


4. Suid-Afrika moet die Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ("Framework Convention on Climate Change") bekragtig. Dit sou aantoon dat ons die belange van ontwikkelende lande ondersteun.

5. Suid-Afrika is 'n lid van die Kernkrag Nie-Proliferasie Verdrag ("Nuclear NonProliferation Treaty"). Ons moet werk om 'n ooreenkoms te bereik wat Afrika `n kontinent sal maak waarop daar geen kernwapens is nie.


Baie groot internasionale maatskappye vestig fabrieke in Suid-Afrika. Ons moet seker maak dat hierdie maatskappye nie enige vuil industrie na Suid-Afrika bring nie. Ons wil nie h hulle moet ons land besoedel nie. Eweneens is Suid-Afrikaanse maatskappye besig om fabrieke in ander lande in Afrika te vestig. Ons moet seker maak dat hierdie fabrieke nie daardie lande besoedel nie.


Die Wreldbank en die IMF


Suid-Afrika is reeds gekoppel aan die lnternasionale Montere Fonds (IMF) en die Wreldbank. Die HOP maak staat daarop dat ander lande geld aan ons leen. Maar ons moet baie versigtig wees. Die Wreldbank en die IMF het geld aan ander Afrika-lande geleen. Maar hulle het dit slegs gedoen indien daardie lande Strukturele

Aanpassings-Programme (SAP) ('Structural Adjustment Programmes') in werking gestel het. Dit is programme om die manier waarop die ekonomie bestuur word, te verander. Hierdie programme het meer arm mense in hierdie lande tot gevolg gehad. Dit het negatiewe gevolge gehad op die lewens van vroue, kinders, ou mense en die werkloses. Hulle het skade aan die omgewing aangerig. Ons moet seker maak dat dit nie in Suid-Afrika gebeur nie.


Die Wreldbank het ander projekte wat ook die omgewing beskadig het. Die Lesotho Hoogland Waterskema sal water vanuit die Oranjerivier in Lesotho na Gauteng toe pomp. Die Wreldbank ondersteun hierdie projek. Die omgewing en die mense wat in Lesotho se berge woon, het alreeds onder hierdie projek deurgeloop. Die Oranjerivier kan ook ernstig beskadig word deur die projek. Daar mag dalk nie genoeg water oor wees om die rivier behoorlik te laat vloei nie. Dit sal die mense van Namakwaland en dele van die Noordkaapse provinsie affekteer.


Suid-Afrika moet beter metodes vind om te bepaal hoe groot projekte die omgewing sal benvloed.


Sommige mense wil h dat Suid-Afrika Uitvoer Prosesserings-Sones (UPS) ("Export Processing Zones") moet stig. In sulke spesiale gebiede hoef nywerhede nie bekommerd te wees oor arbeidswetgewing of wette wat die omgewing beskerm nie. UPS verswak die vermo van werkers om 'n redelike loon (living wage) te eis. UPS sal dit ook moontlik maak om skade aan ons omgewing aan te rig.


Suidelike Afrika


Tot baie onlangs het Suid-Afrika nie goeie betrekkinge met ander lande in Suidelike Afrika gehad nie.


Daar is sommige probleme wat Suidelike Afrika in die gesig staar met betrekking tot

die beskerming van ons omgewing. Dit sluit in: 'n omgewing wat maklik beskadig word; lae vlakke van tegnologie in plattelandse gebiede; 'n gebrek aan beskerming van natuurlike hulpbronne; 'n gebrek aan die vermo om die omgewing behoorlik te bestuur; en swak wetgewing.


Dit sou beter wees as lande in Suidelike Afrika saamwerk om die omgewing te beskerm. Sommige van die sake waar hierdie lande kon saamwerk word hier gelys:


Bevolking en migrasie: Baie mense beweeg van een land na die ander in Suidelike Afrika. Met vrede in Mosambiek en Angola, en demokrasie in Suid- Afrika, sal mense meer reis.


Die bestuur van hulpbronne oor landsgrense heen


(Weiding, wild, woude en minerale): Die natuurlike hulpbronne in Suidelike Afrika sal

versigtig bestuur moet word. Gesamentlike bestuursplanne tussen lande sal van al hoe meer belang word.


Die bestuur van gedeelde riviere: Die Suidelike Afrika-streek ondervind gereeld droogtes. Gedeelde riviere moet gesamentlik bestuur word. Suid-Afrika kry reeds water by Lesotho. Namate ons meer water nodig het mag ons ander riviere soos die Zambezi gebruik.


Energie: Suid-Afrika kan meer elektrisisteit opwek as wat dit nodig het. Ons kan hierdie elektrisiteit verkoop aan ander lande in Suidelike Afrika.


Besoedeling oor grense heen: Lug- en waterbesoedeling versprei maklik oor grense heen. Lande in Suidelike Afrika moet wetgewing h en verdrae sluit om hierdie probleem te beheer.


Wetenskaplike en tegniese samewerking: Suid-Afrika is op sekere wetenskaplike en tegniese gebiede verder gevorder as sy bure. Maar ons kan ook by ander lande in die streek leer oor sake soos sosiale bosbou en grondeienaarskap.


Plaagbeheer: Plae, soos sprinkane, stop nie by grense nie. Lande moet saamwerk om plae te beheer.


Voedsel-sekuriteit: Suid-Afrika moet met ander lande in Suidelike Afrika saamwerk om te verseker dat ons genoeg kos vir ons mense produseer.


Handel: Suid-Afrika kan baie belangrike rolspeler word in die ekonomie van Suidelike Afrika. Beleggers van ander lande mag besluit om hulle geld in Suid-Afrika te bel. Suidelike Afrika het 'n hele aantal handelsooreenkomste. Die grootte van die Suid-Afrikaanse ekonomie sal beteken dat dit sterker as die van sy bure is. Die regerings sal moet verseker dat Suid-Afrika nie ander lande oorheers/domineer nie.


Oorlog, die ler en die omgewing

Suid-Afrika het die sterkste weermag in Sub-Saharah Afrika. Suid-Afrika kan ook baie wapens vervaardig.


Die apartheidsregering het ons buurlande, veral Mosambiek en Angola, gedestabiliseer. Dit het ook hulle omgewing beskadig. Die vervaardiging en toets van wapens, die bou van militre basisse, en die storting van toksiese afval, het alles die omgewing beskadig. Oorlogvoering en gevegte het ook die omgewing beskadig.


Die SANW besit groot stukke grond. Dit sluit grond in om missiele te toets. Dele van natuurlike beskermde gebiede by St Lucia en De Hoop is ook hiervoor gebruik. Die SANW is een van die grootste grondbesitters/ eienaars in die land. Die toets van chemikalie, vir gebruik deur die weermag, het ook gemeenskappe wat langs die toetsterreine bly, ontstel.


Sommige mense meen ons moet aanhou wapens vervaardig sodat ons dit oorsee kan verkoop. Ander mense is van mening dat Suid-Afrika moet help om vrede in Afrika te bewerkstellig. Die wetenskaplikes wat gehelp het om Suid-Afrikaanse kernwapens te vervaardig, kan help om eerder skoon tegnologie te ontwikkel.


Mense begin besef dat omgewingsake belangrik is vir nasionale veiligheid. Daar mag tweespalt wees oor toegang tot omgewingsbates in die streek. Suidelike Afrika kon betrokke raak in die "groen oorlog faktor." Volgens die "groen oorlog faktor" veroorsaak skade aan die omgewing plaaslike konflik en geweld. Dit lei dan tot burgeroorlog of oorlo tussen lande. Hierdie oorlo veroorsaak verdere skade aan die omgewing.


Omgewing en handel

Suid-Afrika se ekonomie behoort vir die volgende paar jaar te groei. Maar die nuwe regering het skuld wat dit sal moet afbetaal. Dit sal ook geld moet vind vir die HOP. Ons moet meer van ons produkte oorsee verkoop. Dit sal meer geld aan ons verskaf om ons skuld aan ander lande te vereffen, en om die items wat ons nodig het, van hulle aan te koop. Die meerderheid van die produkte wat ons oorsee verkoop is minerale en landbouprodukte. Dit beteken dat ons plase en myne meer sal moet produseer. Dit kan meer skade aan die omgewing aanrig.


Baie lande het onlangs 'n ooreenkoms genaamd die Uruguay Rondte van die Algemene Ooreenkoms oor Handel en Tariewe ('Uruguay Round Agreement of the General Agreement on Trade and Tariffs GATT') aangegaan. Hierdie ooreenkoms sit die wyse waarop handel tussen lande bedryf sal word, uiteen. Dit is veronderstel om dit makliker te maak vir ontwikkelende lande soos Suid-Afrika om hul produkte aan ryk lande te verkoop. Maar dit sal ons slegs help as ons met ander arm lande saamwerk om na ons eie belange om te sien. Een kwessie wat ons moet aanspreek is landbou-uitvoere en hoe dit landbou in Suid-Afrika sal benvloed.

Die ooreenkoms s dat regerings moet ophou om nywerhede te subsidieer . Sekere subsidies aan boere word steeds toegelaat. Subsidies vir omgewings-projekte en navorsing sal waarskynlik steeds toegelaat word.


Volgens die ooreenkoms het lande die reg om inligting en idees afkomstig uit daardie land, te besit. Dit sluit in gemeenskaplike kennis oor die omgewing. Die regerings moet stelsels in werking stel om hierdie regte te beskerm. Dit is belangrik vir die beskerming van plaaslike en tradisionele kennis, boere se regte en gemeenskapsbestuur van natuurlike hulpbronne.


lngevolge hierdie ooreenkoms sal voorstelle waarskynlik gemaak word oor hoe om die omgewing te beskerm. Daar sal waarskynlik regulasies wees oor hoe produkte verpak moet word en watter inligting op die etiket moet wees. Hierdie rels is om die omgewing te beskerm. Ons moet bepaal watter invloed dit op ons handel sal h.


Omgewingsake word van al hoe meer belang wanneer ons probeer om produkte aan ander lande te verkoop. Ooreenkomste tussen lande mag beteken dat hulle sal ophou om produkte te koop wat die omgewing beskadig. Dit beteken dat indien ons nywerhede nie die omgewing bewaar nie, hulle dalk nie in staat sal wees om hulle produkte aan ander lande te verkoop nie. Ons nywerhede sal dalk verplig wees om skoon te maak sodat hulle hul produkte aan ander lande kan verkoop. Dit sou ons omgewing tot voordeel strek.


Wanneer Suid-Afrika ooreenkomste met ander lande aangaan moet ons onthou dat ons ontwikkeling, meer nywerhede en werksgeleenthede nodig het. Maar ons moet ook ons omgewing beskerm. Ons moet ook verseker dat maatskappye van ander lande nie vuil fabrieke in Suid-Afrika oprig wat ons land besoedel nie.


Aanbevelings


1. Die regering moet met ander lande in Suidelike Afrika saamwerk om te verseker dat nuwe handelsooreenkomste die omgewing beskerm. Hulle moet handel- en omgewingsbeleid ontwikkel op nasionale, streeks- en internasionale vlak. Hierdie beleid moet Suidelike Afrika help om volgehoue ontwikkeling te bereik.


2. Die regering moet probeer verhoed dat ander lande hul produkte in Suid-Afrika stort. Lande met lae omgewingstandaarde moet gehelp word om dit te verhoog. Suid-Afrika moet 'n leidende rol speel in hierdie proses.


3. Die regering moet die Wet op die See- Konvensie ('Law of the Sea Convention') bekragtig. Hierdie konvensie sou help om seebesoedeling te beheer en om ons vis te beskerm. Dit sou ook help om diepsee-mynbou te beheer.


4. Die Konvensie oor Bio-diversiteit is deur Suid-Afrika bekragtig. Maar wette moet gepromulgeer word om die regte van plaaslike gemeenskappe te beskerm.


5. Die Voorgestelde Beleid oor Globale Omgewingsverandering moet weereens bestudeer word voordat die Klimaatsverandering Konvensie bekragtig word. Ons moet 'n openbare deelnemingsproses en 'n beleidsraamwerk h voordat ons hierdie konvensie bekragtig.

6. Die regering moet die Bamako Konvensie teken en bekragtig om te verhoed dat mense gevaarlike afval van buite Afrika na Suid-Afrika bring. Ons moet ook ons eie wette maak om dit te verhoed.


7. Suid-Afrika moet met ander lande in Suidelike Afrika saamwerk om 'n deeglike omgewingsbestuurstrategie in werking te stel.


8. Die regering moet minder geld bestee op militre navorsing. Dit moet eerder geld en wetenskaplikes aanwend om skoner nywerhede te ontwikkel. Dit moet ook geld en vaardighede aanwend om skoner maniere te ontwikkel om elektrisiteit en energie op te wek.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


